Skip to product information
1 of 1

Metz Press

EIETYDSE KLEURKUNS

EIETYDSE KLEURKUNS

Regular price R 95.00 ZAR
Regular price Sale price R 95.00 ZAR
Sale Out of stock
Tax included.

Om lap te kleur om interessante patrone en kleure te skep, is ’n antieke kuns wat eeue lank regdeur die wêreld beoefen is en die afgelope tyd weer met hernude entoesiasme aangepak word. Met hierdie boek ontsluit kleurkunsdeskundige Melanie Brummer die ongelooflike moontlikhede van gekleurde lap vir almal met eenvoudige tegnieke, huishoudelike toerusting en klaargemaakte klere. Sy neem die kleurafskermingstegniek van die Hippie-era tot in die 21ste eeu en wys jou hoe om T-hemde vir die pret te kleur, jou ou klere met kleur te herwin, die mooiste syserpe te maak of om kleurryke modestellings te maak met klaargemaakte klere wat met haar beproefde kleurwerktegnieke versier is.

Met meer as 50 projekte om uit te kies wat almal volgens die vereiste vaardigheidsvlak uiteengesit is, is daar meer as genoeg vir die beginner en die handwerker wat tegnies gevorderd is. Elke projek word verduidelik aan die hand van duidelike stap-vir-stap instruksies en foto’s wat jou wys hoe om ’n groot verskeidenheid wonderlike kleureffekte te kry terwyl pragtige kleurfoto’s die voltooide items illustreer. Die boek verduidelik ook die chemiese prosesse wat by kleurwerk betrokke is en lei jou deur die tegniese aspekte van kleur en kleurwerk. Dit sal jou help om jou lewe van ’n vaal blou baadjie in ’n reënboogkleure droomjas te verander – begin dus gerus eksperimenteer hiermee en leef jou uit in jou eie spesiale kleure.

Author(s): Melanie Brummer
Publication year: 2010
Publication date: 2010-01-01
Pages: 144
Binding: Paperback
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781920268404
Dimensions: 19.0 x 1.5 x 25.7 cm
View full details