Skip to product information
1 of 1

Metz Press

Boeresjiek

Boeresjiek

Regular price R 95.00 ZAR
Regular price Sale price R 95.00 ZAR
Sale Out of stock
Tax included.

Boeresjiek is hoe die kosstyl van Nicky Brecher, wenner van 2012 se Toptientuiskokke, deur die beoordelaars beskryf is.
Hierdie boek bied 'n heerlike versameling kuierkosresepte in dié styl.

Elke dis, van eg tradisioneel tot heerlik eietyds, het Nicky se spesiale afronding, verrassingsbestanddeel of eiesoortige opdienvoorstelle wat die boek se inhoud vars en aanloklik hou. Die resepte is deeglik getoets en aan vriende en familie voor-gesit vir finale goedkeuring en het telkens die toets met vlieënde vaandels geslaag.

Lieflike kleurfoto's van bykans elke dis dien as inspirasie om sommer dadelik die resepte op die proef te stel. Foto's van die plaas in Pongola waar die skrywer woon, vertel so tussen die resepte deur meer oor dié lieflike omgewing om die leser soos 'n spesiale kuiergas te laat voel. Alles, van peuselhappies tot soetgoed, is watertandlekker - en al die ou gunstelinge is daar, dikwels met 'n kinkel.

Author(s): N Brecher
Publication year: 2014
Pages: 192
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781928201083
Dimensions: 19.0 x 1.5 x 24.51 cm
View full details