Skip to product information
1 of 1

Newly Media

Laramie - 'n Terugblik Op Eugene N. Marais

Laramie - 'n Terugblik Op Eugene N. Marais

Regular price R 280.00 ZAR
Regular price Sale price R 280.00 ZAR
Sale Out of stock
Tax included.

Eugène N. Marais is in 2021 honderd en vyftig jaar gelede gebore en het vyf en tagtig jaar gelede aan eie hand gesterf. Hy het 'n breë terrein bestryk as prosaskrywer, digter, dramaturg, natuurkundige, hipnoterapeut, regsman en joernalis. Sy VERSAMELDE WERKE het twee uitgawes beleef en ouer sowel as jonger lesers vind steeds daarby aanklank.
LARAMIE bevat bydraes deur eietydse skrywers in die vorm van prosa, poësie en essays uit die natuurwetenskappe, sielkunde, filosofie en geskiedenis. Standaardafrikaans, Griekwa-Afrikaans en Kaaps, selfs Nederlands, loop saam op Marais se spoor. Lof en meelewing maar ook fel kritiek bied 'n gebalanseerde kyk op hierdie geroemde, omstrede en tragiese figuur. Dit bevat iets vir almal.

“… 'n prikkelende, toeganklike bundel met 'n ryke verskeidenheid … fiksie en niefiksie en literêr gewigtig sowel as populêr. Dit is die ideale manier om die erflating van Eugène Marais lewend te hou en om selfs Marais-aanhangers verder te laat dink - krities én verbeeldingryk te laat dink oor hierdie belangrike literêre figuur.”- Dr. Francois Smith, skrywer en letterkundige.

Bydraes deur: Martjie Bosman, Dominique Botha, Pierre Cronje, Thomas Deacon, Piet de Jager, Clinton V. du Plessis, Hans du Plessis, J.C.M.D. du Plessis, Erik Holm, Daniel Hugo, Johan Kruger, Johan Marais, Johann Lodewyk Marais, Jean Meiring, Johan Myburg, Chase Rhys, R.R. Ryger, Gerard Scharn, Carel van der Merwe, Christo van der Westhuizen, Ernst van Jaarsveld, Ben Viljoen, Cas Vos.

Author(s): Jeanette Ferreira
Publication year: 2021
Pages: 173
ISBN: 9780620922609
View full details